Resensie van Sterrekunde Binne Bereik

Prof Johan van Staden, Sterrekunde Dosent, Universiteit Pretoria.

"Ek het die naweek jou boek deurgelees, en dit geniet. Die boek bevat baie nuttige inligting. Jy tref jou teiken goed, nl. die leke belangstelling in sterrekunde. Die goeie, rasionele verduidelikings is in die kol. Ek sal dit graag aanbeveel vir enigeen wat meer wil weet aangaande sterrekunde."